Blog

Elle & Isla Christening

Ek het vir hierdie kind gebid, en die Here het my gegee wat ek van hom gevra het. Nou gee ek hom aan die Here, want aan sy hele lewe sal hy aan die Here oorgegee word. – 1 Samuel 1: 27-28

Wat ‘n spesiale dag om te kon vasvang, hierdie twee niggies Elle & Isla is saam gedoop op ouma se plaas stoep tussen die geluide van stilte en voeltjies wat tjirp. Tannie Lana dankie dat julle my altyd so tuis laat voel by julle op die plaas.